• Psychology1.jpg
  • Psychology2.jpg
  • Sielkunde1.jpg
  • Sielkunde2.jpg

Sielkunde logo

Meer oor Carien

Profile pic

Carien het in Bethlehem in die Vrystaat grootgeword en haar meestersgraad in voorligtingsielkunde aan die Universiteit van die Vrystaat Cum Laude geslaag. Sy het haar internskap voltooi as ‘n intern voorligtingsielkundige by die Sentrum vir Sielkundige Dienste en Loopbaanontwikkeling (PsyCaD) aan die Universiteit van Johannesburg.

As terapeut verkies Carien om van verskeie benaderings gebruik te maak sodat sy die kliënt werklik op die beste moontlike manier kan help. Haar voorkeur modaliteite is egter Gestalt Terapie en Eksistentialisme en waar toepaslik gebruik sy ook gereeld Kognitiewe Gedragsterapie.

Carien se navorsing vir haar meestersgraad het gehandel rondom leierskapsontwikkeling in adolessente. Leierskapsontwikkeling is ‘n hartsaak vir haar en sy sal graag werkswinkels, kampe en mentorskapprogramme in hierdie veld aanbied.

Carien se droom en visie is om seker te maak dat elke kliënt ‘n beter mens by haar kantoor uitstap en sy nooi jou uit om haar te kom ontmoet en ‘n reis van groei en ontwikkeling saam met haar aan te pak.